Aanleg/Vermoë
Wat is die dinge wat jy goed kan doen?
4 = Ek het ‘n baie sterk aanleg daarin
3 = Ek het ‘n redelike sterk aanleg daarin
2 = Ek het nie juis ‘n aanleg daarin nie
1 = Ek het geen aanleg daarin nie
| Werk met Syfers | 4 | 3 | 2 | 1 |
| Werk versigtig | ||||
| Werk akkuraat | ||||
| Dink logies | ||||
| Sien maklik foute raak | ||||
| Werk met ‘n goeie plan | ||||
| Probleemoplossing | 4 | 3 | 2 | 1 |
| Dink logies | ||||
| Gebruik gesonde verstand om dinge te deurdink | ||||
| Kan goed redeneer | ||||
| Kan inligting goed gebruik | ||||
| Gebruik beginsels en reëls om probleme op te los | ||||
| Praktiese Vermoë | 4 | 3 | 2 | 1 |
| Geniet om met hande te werk | ||||
| Kan maklik ‘n plan maak om iets gedoen te kry | ||||
| Kan masjiene, radio’s en ander items maklik herstel | ||||
| Kan klere maak of ander naaldwerk doen en herstel | ||||
| Hou van kook | ||||
| Kuns | 4 | 3 | 2 | 1 |
| Ontwerp items | ||||
| Skep nuwe dinge en idees | ||||
| Gebruik verbeelding | ||||
| Sensitief | ||||
| Intuïtief | ||||
| Praat en Skryf | 4 | 3 | 2 | 1 |
| Kan goed kommunikeer en redeneer | ||||
| Tree met selfvertroue op | ||||
| Kan ander mense beïnvloed | ||||
| Kan kreatief skryf | ||||
| Kan probleme tussen mense oplos | ||||
| Met Mense Werk | 4 | 3 | 2 | 1 |
| Behulpsaam | ||||
| Verduidelik/wys andere graag hoe om iets te doen | ||||
| Sal andere teregwys | ||||
| Wys liefde aan mense rondom jou | ||||
| Kan ander mense van opinie laat verander |
Akademiese Profiel
Om ons vermoë verder te help bepaal, gaan ons ‘n rekord hou van ons prestasies in ons verskillende vakke.
Informele kennis
[LU 5.2]
| Leeruitkomstes(LUs) |
| LU 5 |
| Oriëntering Ten Opsigte Van Die Wêreld Van WerkDie leerder sal in staat wees om ingeligte keuses oor verdere studie- en loopbaankeuses te maak. |
| Assesseringstandaarde(ASe) |
| Dit word bewys as die leerder: |
| 5.1 die voorsieners van fondse vir studie en beroepe navors; |
| 5.2 eie beroeps- en studiekeuses motiveer; |
| 5.3 krities reflekteer en verslag lewer oor geleenthede in die werkplek; |
| 5.4 regte en verantwoordelikhede in die werkplek bespreek; |
| 5.5 ‘n plan vir eie lewenslange leer saamstel. |